die bruilof van
Johan
&
Natasha
Ons Liefdesverhaal
Natasha het nooit verwag dat ’n golfdag haar lewe heeltemal sou verander nie. Tussen die lag, golfkarretjies en ongemaklike geselsies het sy Johan ontmoet, die luidrugtige, uitgaande man wat haar skaam, introverte hart byna onmiddellik veilig laat voel het.
Wat begin het as ’n paar gesprekke, het vinnig gegroei tot iets wat nie een van hulle kon ignoreer nie. Johan het verlief geraak op Natasha se omgee hart, haar deursettings vermoë en die manier waarop sy ’n vertrek kon ophelder sonder om eers te probeer. Natasha het verlief geraak op Johan oor die manier waarop hy liefhet, nie met duur geskenke of groot gebare nie, maar met toegeneemtheid, eerlikheid, daaglikse gerusstelling en ’n liefde wat haar mooi laat voel het, selfs op haar moeilikste dae.
Dit het nie lank geneem voordat hul gunsteling plek enige golfbaan of dryfbaan geword het nie. Mabula sal egter altyd ’n besondere plek in hul harte hê. Dit was daar waar Johan vir Natasha gevra het om sy meisie te wees, net voor ’n pragtige dag saam op die golfbaan,’n oomblik wat stilweg die begin van vir altyd geword het.
Nou, byna vier jaar later, met ’n verlowing agter hulle en 27 Februarie 2027 wat voorlê, voel hul storie steeds dieselfde. Een skaam meisie, een sosiale man, eindelose lag, ’n paar emosionele oomblikke en ’n liefde wat so standvastig en opreg is soos die perfekte swaai op ’n golfbaan.
"In all the world, there is no heart for me like yours. In all the world, there is no love for you like mine."
Alles Wat JY Moet Weet
Jy het my hart gesteel iewers tussen die kampvuur en die golfbaan ✿ WAARSKUWING: Oormatige liefde en dans lê voor ✿